Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman (ePub)
_x000D_
Sterlig op die veld bevat 23 van Bosman se beste stories. Dit sluit...
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Hierdie versameling bevat die beste verhale en humor van Bosman, nou ook in Afrikaans vertaal deur die bekroonde Afrikaanse digter, Johann de Lange._x000D_
_x000D_
Sterlig op die veld bevat 23 van Bosman se beste stories. Dit sluit klassieke Oom Schalk-stories in soos "Die pad na Mafeking", "Die Rooinek" en "Makapan se grotte", en ook Voorkamerstories soos "Skoolkonsert" en "Geboortesertifikaat". En in beroemde stories soos "'n Boere-Rip van Winkel" en "'n Ou Transvaalse verhaal" hoor ons die stem van die skrywer wat met self-ironie die kuns van die storieverteller bepeins._x000D_
_x000D_
Die herken-blues bevat 29 stukke wat strek oor Bosman se hele loopbaan, van skoolseungrappe tot die laaste lag. Soos Bosman self gesê het, was hy bekend vir die humor wat in al sy werk te vinde was en wat hom so gewild gemaak het onder sy lojale lesers. Hierdie versameling sluit bekende juwele soos "In die skadu van die withaak", "'n Bekkersdal-marathon" en "'n Besoek aan Blikkiesdorp" in, waarin sy satiriese ironie in volle swang is, tot 'n aantal essays wat nog nie voorheen in 'n bundel versamel is nie wat hom ewig as een Suid-Afrika se gemoedelikste kommentators bevestig.
Herman Charles Bosman is gebore in 1905 op Kuilsrivier naby Kaapstad. In 1916 het die familie na die Transvaal getrek.Nadat hy aan die Universiteit van die Witwatersrand en die Normaalkollege gestudeer het, is Bosman as 'n jong onderwyser gestuur na 'n plaasskool naby Zwingli in die Marico-distrik, van wat toe die Wes-Transvaal was. Dit was daar dat hy 'n gemeenskap ryk aan storievertellers teëgekom het - baasvertellers wat wonderbaarlike stories oor die Boereoorlog en ander onvergeetlike gebeure kon spin. Hy sou hierdie figure later verewig in sy eie Oom Schalk Lourens-karakter.
Sy verblyf in die Marico is skielik beëindig toe hy gearresteer en skuldig bevind is vir die moord op sy stiefbroer tydens 'n vakansie by die familie se huis in Johannesburg. Aanvanklik is hy tot die dood veroordeel, maar sy vonnis is versag en hy het vier jaar uitgedien in die Pretoria Sentrale Gevangenis.
Na sy vrylating in 1930 het hy as joernalis begin werk en kortverhale begin skryf. Van sy vroegste werk was Oom Schalk Lourens-verhale, wat hy deurgaans geskryf het tussen 1930 en 1951, die jaar van sy dood. In 1950 het hy die "Voorkamer"-reeks begin skryf, en het altesaam ongeveer 80 van hierdie stukke geskryf. Hy het ook sporadies stories geskryf wat hy in sy eie stem, as skrywer, aangebied het; hierdie stukke is in 2000 versamel as Old Transvaal Stories. Al drie hierdie vertelmodusse word in hierdie keur verteenwoordig.
Bosman het in Oktober 1951 skielik aan 'n hartaanval gesterf. Hy het slegs drie van sy werke in sy leeftyd in druk gesien: Jacaranda in
- Autor: Herman Charles Bosman
- 2013, 1. Auflage, 320 Seiten, Afrikaans
- Übersetzer: Johann de Lange
- Verlag: Human & Rousseau
- ISBN-10: 0798164476
- ISBN-13: 9780798164474
- Erscheinungsdatum: 15.10.2013
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
- Dateiformat: ePub
- Größe: 2.59 MB
- Mit Kopierschutz
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman".
Kommentar verfassen