Die oorlog kom huis toe (ePub)
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
In die Anglo-Boereoorlog is die stryd nie net op die slagveld nie, maar ook tot op plaashuise se stoepe gevoer. Die aanhouding van vroue en kinders in konsentrasiekampe was deel van 'n totale of volskaalse oorlog wat die Britse Ryk teen stryders én burgerlikes van die twee Boererepublieke geloods het.
Die haglike omstandighede en oorbevolking in die meeste kampe het tot duisende sterftes en onmeetbare lyding gelei. Die trauma van hierdie oorlog het verterende emosies onder Afrikaners losgemaak en sou in die toekoms 'n lang skaduwee werp. Die oorlog kom huis toe ondersoek die oorsake en verloop van hierdie tragiese gebeure.
Bill Nasson is 'n professor in geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy belangstellingsvelde is oorlog en die Suid-Afrikaanse samelewing, asook oorlog en Britse imperialisme. Sy onlangse publikasies sluit in The War for South Africa: The Anglo-Boer War 1899-1902 (2010) en South Africa at War 1939-1945 (2012).
Helen Bradford het klasgegee in ekonomiegeskiedenis en was 'n medeprofessor in geskiedenis aan die Universiteit van Kaapstad, waar sy tans 'n navorsingsgenoot aan die African Gender Institute is. Sy is die skrywer van A Taste of Freedom: The ICU in Rural South Africa 1924-1930 (1988).
Zelda Rowan is 'n bestuurder by Oxford University Press. Sy het haar meestersgraad in kultuurgeskiedenis in 2003 met lof aan die Universiteit van Pretoria behaal. Haar verhandeling oor Nonnie de la Rey was die basis vir haar hoofstuk in hierdie boek. Sy stel in besonder belang in die oorlogservarings van vroue en kinders gedurende die Anglo-Boereoorlog.
Elizabeth van Heyningen is 'n ere-navorsingsgenoot aan die Universiteit van Kaapstad. Sy is medeskrywer van Cape Town: The Making of a City (1998), Cape Town in the Twentieth Century (1999) en The Cape Doctor in the Nineteenth Century (2004). Haar jongste boek is The Concentration Camps of the Anglo-Boer War: A Social History (2013).
- Autoren: Helen Bradford , Zelda Rowan , Elizabeth van Heyningen
- 2013, 1. Auflage, 272 Seiten, Afrikaans
- Herausgegeben: Albert Grundlingh, Bill Nasson
- Verlag: Tafelberg
- ISBN-10: 0624058980
- ISBN-13: 9780624058984
- Erscheinungsdatum: 28.10.2013
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
- Dateiformat: ePub
- Größe: 30 MB
- Mit Kopierschutz
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Die oorlog kom huis toe".
Kommentar verfassen