Grenselose genade (ePub)
n Moderne geloofsbelydenis
(Sprache: Afrikaans)
Die boodskap van die Nuwe Testament is dat Jesus die straf vir die mens se sonde op Hom geneem en vryspraak verwerf het vir diegene wat in Hom glo. Hierdie geloof in die plaasvervangende lyding van Jesus laat vrae by baie mense ontstaan. Was die wrede dood...
sofort als Download lieferbar
eBook (ePub)
8.80 €
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Produktdetails
Produktinformationen zu „Grenselose genade (ePub)“
Die boodskap van die Nuwe Testament is dat Jesus die straf vir die mens se sonde op Hom geneem en vryspraak verwerf het vir diegene wat in Hom glo. Hierdie geloof in die plaasvervangende lyding van Jesus laat vrae by baie mense ontstaan. Was die wrede dood van Jesus nodig? Waarom vergewe God nie onvoorwaardelik, sonder om 'n offer te eis nie? Is God die Vader beperk in sy vergewensgesindheid? Die geloof in hemel en hel wek angs en twyfel by vele - angs vir die hel en twyfel of hulle die hemel sal 'haal'. Kan 'n God van liefde, die God wat deur die Christelike Kerk verkondig word, so iets oor sy hart kry? Die skrywer het geen pretensie dat hy die finale antwoord op al hierdie vrae het of dat hy die ryke betekenis van die lewe, sterwe en opstanding van Jesus kan uitput nie, maar hy hoop van harte dat die gedagtes wat volg, tog lig sal bring vir mense wat met hierdie vrae worstel.
Autoren-Porträt von Chris van der Merwe
As dosent in Afrikaans en Nederlands, het Chris van der Merwe in byna elke faset van taal- en letterkunde klas gegee, waaronder kursusse in Afrikaanse drama en prosa, asook literêre teorie. Hy het talle artikels in Afrikaans, Engels en Nederlands geskryf en was die skrywer, medeskrywer of redakteur van sewentien boeke. Sy navorsing het oor die jare veral gehandel oor sosiopolitieke kwessies en die ekspressie van moraliteit en waarheid in die letterkunde. Sedert die 1990's het hy in sy navorsing veral begin fokus op tipiese kwessies in 'n post-apartheid-Suid-Afrika - kwessies soos identiteit, trauma, skuld, vrees en vergifnis in 'n samelewing in oorgang. Met sy aftrede as professor in Afrikaans en Nederlands aan die einde van 2009 het die Universiteit van Kaapstad emeritus status aan hom toegeken. Chris is ook die skrywer van die gewilde boeke, Die gebreekte net en The Broken Snare.
Bibliographische Angaben
- Autor: Chris van der Merwe
- 2024, 1. Auflage, 192 Seiten, Afrikaans
- Verlag: LAPA Publishers
- ISBN-10: 1779880251
- ISBN-13: 9781779880253
- Erscheinungsdatum: 01.05.2024
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
eBook Informationen
- Dateiformat: ePub
- Größe: 4.65 MB
- Mit Kopierschutz
Sprache:
Afrikaans
Kopierschutz
Dieses eBook können Sie uneingeschränkt auf allen Geräten der tolino Familie lesen. Zum Lesen auf sonstigen eReadern und am PC benötigen Sie eine Adobe ID.
Kommentar zu "Grenselose genade"
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Grenselose genade".
Kommentar verfassen