Kantelpunt (ePub)
(Sprache: Afrikaans)
¿ Feministiese roman vir konvensionele vroue
Kantelpunt is die boekstawing van Nellie van der Merwe (gebore Petronella Jacoba van Aarde) se wederopstanding.
Nellie is pas 50, 'n konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat...

Leider schon ausverkauft
eBook (ePub)
16.50 €
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Produktdetails
Produktinformationen zu „Kantelpunt (ePub)“
¿ Feministiese roman vir konvensionele vroue
Kantelpunt is die boekstawing van Nellie van der Merwe (gebore Petronella Jacoba van Aarde) se wederopstanding.
Nellie is pas 50, 'n konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag - sy het stilgebly. Met haar stilte het sy haar plek gekoop in haar huwelik, haar gesin, haar familie, haar werk, in die kerk, in die land, in die samelewing.
Maar dan ondergaan sy 'n histerektomie, en haar wêreld kantel. Sy is losgesny van die ding wat van haar 'n vrou gemaak het, en daarmee saam raak sy bevry van die stilte. Sy begin haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen 'n ontsettende prys. Sy word gedwing om alles wat sy tot dusver as gegewe aanvaar het te ondersoek, en in die proses moet sy nie net die mense naaste aan haar se aandeel in haar stryd erken nie, maar ook haar eie aandadigheid aan haar lot bepaal.
Met elke insident, elke veldslag en elke gesprek tree sy verder weg van die geskiedenis en die konvensies wat haar stom gehou het, en kom sy nader aan die vrou wat sy van die begin af veronderstel was om te wees - die een met wie sý in vrede kan saamleef.
"Daar bestaan by my geen twyfel dat Kantelpunt nog meer suksesvol as Oorlewingsgids vir 'n bedonnerde diva sal wees nie. Dis die soort verhaal wat elke Afrikaanssprekende behoort te lees - vroue en mans." - Chanette Paul

Autoren-Porträt von Sophia Kapp
Sophia Kapp skryf die soort stories wat sy self graag lees - liefdesromans. Sy glo onwrikbaar in die liefde en in die helende krag daarvan, maar glo ook dat haar hoofkarakters dieselfde sout as haar lesers moet opeet voordat hulle die vervulling daarvan mag smaak. Daarom plaas sy haar heldinne binne realistiese, lewensgetroue situasies en laat sy hulle spook met geloofwaardige krisisse waardeur vroue dwarsoor die wêreld en die sosiale spektrum moet worstel: verraad, verlies, egskeiding, affairs, miskrame, middelmisbruik, moeilike tieners, bagasie van vorige verhoudings ... Maar vir elke heldin wat bereid is om hierdie krisisse aan te pak en te oorkom, is daar 'n held, 'n man wat by haar pas en haar waardig is; iemand saam met wie sy binne 'n vervullende verhouding geborgenheid vind. En saam met haar op haar reis is daar haar susters - bloedsusters en hartsusters - wat haar optel as sy val, wat haar dra as sy moeg word en wat saam met haar dans wanneer sy feesvier. Die erflating is in 2008 met die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans bekroon en Huis van die wind in 2012. Sophia was ook twee agtereenvolgende jaar die wenner van die Rapport-prys vir die mees inspirerende dosent in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die Potchefstroomkampus van die NWU. Sy het 'n MA in tale aan die destydse UOVS behaal en het aanvanklik 'n akademiese loopbaan gevolg, maar sy was intussen al alles, van 'n barrista tot 'n boekhouer in 'n bank. Tans is sy, benewens 'n skrywer, ook taalpraktisyn, vertaler, dosent en lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Bibliographische Angaben
- Autor: Sophia Kapp
- 2018, 480 Seiten, Afrikaans
- Verlag: LAPA Publishers
- ISBN-10: 0799390925
- ISBN-13: 9780799390926
- Erscheinungsdatum: 25.09.2018
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
eBook Informationen
- Dateiformat: ePub
- Größe: 1.35 MB
- Mit Kopierschutz
- Vorlesefunktion
Sprache:
Afrikaans
Kopierschutz
Dieses eBook können Sie uneingeschränkt auf allen Geräten der tolino Familie lesen. Zum Lesen auf sonstigen eReadern und am PC benötigen Sie eine Adobe ID.
Family Sharing
eBooks und Audiobooks (Hörbuch-Downloads) mit der Familie teilen und gemeinsam genießen. Mehr Infos hier.
Kommentar zu "Kantelpunt"
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Kantelpunt".
Kommentar verfassen