Katarsis (ePub)
Kort voor die bruilofsfees...
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Hardus Hartman, 'n nege en dertigjarige prokureur van Pretoria bevind hom by 'n troue in Franschhoek. Hy was deurentyd bewus dat Natalie, sy vervreemde vrou, ook 'n gas sal wees en is hoopvol dat hy dinge tussen hulle kan red.
Kort voor die bruilofsfees op La Petit Chateau afskop, stel 'n kollega Hardus telefonies in kennis dat "Lennie die Lem" ontsnap het en op vrye voet verkeer. Lennie is 'n gevreesde dwelmhandelaar, vervaardiger van kinderpornografie en 'n pedofiel. Gegewe die feit dat Lennie Hardus na afloop van sy strafsaak met die dood gedreig het, is dit ontstellende nuus.
'n Dreigende bewindsverandering by die firma gooi 'n stok in die speke van Hardus se vakansieplanne en dra die die noodlot verder daartoe by dat sy lewe soos handomkeer verander. Hy moet behoorlik bontstaan om die aanslae van die lewe af te weer.
Terselfdertyd is die geniale Abigail Cloete, 'n graad 12-leerling aan Lynnwood Hoër in Pretoria, se verhouding met haar ouers besig om ernstig te verbrokkel. Volgens haar het sy geen ander keuse as om buitengewone opsies te oorweeg nie. Gebeure stuur haar op 'n koers waar haar pad onafwendbaar met die van Hardus Hartman kruis.
Die lewe gebeur ...
Ek doen my bes om verhale te skryf wat vermaak, boei en hopelik ook stof tot nadenke bied.
Kruitvat was my debuutroman en as skrywer kon ek ryklik put uit my ervaring as offisier in die Suid-Afrikaanse Polisie, joernalis by Laevelder en as toegelate prokureur. (Sedertien het ek my ook as opvoeder bekwaam.) Kruitvat is propvol eg Suid-Afrikaanse aksie, een of twee etiese kwessies word geopper en 'n gesonde skoot romantiek is boonop bygevoeg. Lees Marius Visser se resensie in Rapport hier: http://www.rapport.co.za/Boeke/Nuus/Sterk-kruit-vat-vlam-op-Kindle-20120823
Vir die jonger leser (of jonk van gees) bied ek TamatiestraaT. Hierdie avontuur saam met die onnutsige Lelanie Louw was 'n finalis in die Sanlam / Tafelberg Jeugromankompetisie gedurende 2009/2010. Desember (by die see ...), ook 'n jeugroman, sien einde 2016 die lig.
Jy kan Kruitvat, Friksie, Tamatiestraat of Desember (by die see ...) ook op jou Kindle vanaf Amazon aflaai.
Om meer van my doen en late uit te vind, besoek gerus my Facebook-blad: https://www.facebook.com/HenningJvanVuuren
Vriendelike groete
Henning
- Autor: Henning Janse van Vuuren
- Altersempfehlung: Ab 18 Jahre
- 2016, Afrikaans
- Verlag: Henning Janse van Vuuren
- ISBN-10: 1370864604
- ISBN-13: 9781370864607
- Erscheinungsdatum: 20.11.2016
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
- Dateiformat: ePub
- Größe: 0.33 MB
- Mit Kopierschutz
- Vorlesefunktion
eBooks und Audiobooks (Hörbuch-Downloads) mit der Familie teilen und gemeinsam genießen. Mehr Infos hier.
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Katarsis".
Kommentar verfassen