Kokkedoor (ePub)
Hierdie boek bevat die beste uit die gewilde Kokkedoor-televisiereeks, en gaan oor die kos wat ons lief het: erfeniskos, oumakos, huiskos, hunkerkos, kookkos,...
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Herleef die lekkerte van onthoukos en kook soos 'n Kokkedoor in jou eie kombuis.
Hierdie boek bevat die beste uit die gewilde Kokkedoor-televisiereeks, en gaan oor die kos wat ons lief het: erfeniskos, oumakos, huiskos, hunkerkos, kookkos, verlangkos, lekkervoel-kos.
- Die beste resepte van elke episode, getoets vir die huiskombuis
- Familieresepte vir vleisgeregte, fyngebak, brood, konfyt, piekels, groente, slaai, soetgoed en poedings
- Nuwe idees vir Sondagkos, basaarkos, piekniek, padkos, partytjiekos en braai
- 'n Kykie na die geskiedenis van geregte en waar gebruike vandaan kom
- Goue gunstelinge kry 'n moderne baadjie, sonder om die herinneringe te verloor
In dié versamelaarsboek deel Tannie Poppie haar broodpoeding-resep, Marinda en Mathilda hulle heerlike brandrissie-fudge, Theresa haar skuinskoek en ouma Drieka se onfeilbare skilferkorsdeeg. Die reekswenners Mynhardt en Tiaan deel hulle langtafel-geregte, asook nuwe weergawes van erfenisgeregte soos sagopoeding met suikerglasklokke.
Hier is vandag se kos, gegeur met gister. Om te kokkedoor is om kosmaak te geniet, vriende en familie na die lang tafel te nooi en ure lank te gesels oor gister se dinge en môre se drome.
Errieda is 'n gesoute kosmens met 'n passie vir onthoukos. Sy het kooktegnieke - van die basiese tot die gevorderde - bemeester en meng tradisie met hope kreatiwiteit om nostalgiese resepte vir die toekoms te herskep. Haar vorige boeke sluit in die gewilde Huiskok glanskok en MasterChef South Africa: The Cookbook.
- Autor: Errieda du Toit
- 2013, 1. Auflage, 224 Seiten, Afrikaans
- Verlag: Human & Rousseau
- ISBN-10: 079816543X
- ISBN-13: 9780798165433
- Erscheinungsdatum: 28.10.2013
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
- Dateiformat: ePub
- Größe: 22 MB
- Mit Kopierschutz
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Kokkedoor".
Kommentar verfassen