Nellie en Sion Thwala / Nellie en Sion Bd.1 (ePub)
Ons wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te
word. Een so pragtige en belangrike storie is dié van die vriendskap en liefde
tussen kinders en hul oppassers. Hierdie titel is...
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
'n Pragtige storie oor vriendskap en liefde
Ons wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te
word. Een so pragtige en belangrike storie is dié van die vriendskap en liefde
tussen kinders en hul oppassers. Hierdie titel is die tweede in die reeks en gaan
oor 'n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie. Nellie
deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring 'n bietjie
van haar wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle klein
seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur. Hierdie spesifieke storie
handel rondom die konsep van thwala - die Zulu woord vir iets op jou kop dra.
Deur 'n vlak stroom te kruis vir 'n piekniek op die oorkantste oewer, leer Nellie vir
Sion die kuns van thwala. Sion leer dat daar meer as een manier is om jou kop te
gebruik as jy gekonfronteer word met 'n probleem. Hierdie is 'n storie van
onskuld, liefde en omgee wat mense aan mekaar sal verbind regoor kulture heen.
Afrika se topreklame-agentskappe spandeer. Sy het 'n BA in Engels en
Sielkunde en 'n nagraadse dilploma in Kopieskryf, waar sy bo-aan haar klas
gegradueer het. Sy het al 'n verskeidenheid industriepryse verower, van Goue
Loeries tot Arende en sy was derde tussen die meesbekroonde kopieskrywers
van 2014. Sy glo dat kreatiwiteit harte oopmaak, die waarheid ontbloot en
mense verbind. Sy word nog altyd deur woorde geïnspireer en het reeds in
haar kleintyd verspotte toneelstukke geskryf, gevolg deur 'n kortverhaal oor
haar kat waaraan geen mens nog blootgestel is nie … nog nie. Claudette
is 'n vrou en ma van twee seuns en bly in die Midlands van KwaZulu-Natal.
- Autor: Claudette Browne Storrar
- Altersempfehlung: 5 - 7 Jahre
- 2022, 1. Auflage, 32 Seiten, Afrikaans
- Verlag: LAPA Publishers
- ISBN-10: 1776354079
- ISBN-13: 9781776354078
- Erscheinungsdatum: 01.06.2022
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
- Dateiformat: ePub
- Größe: 71 MB
- Mit Kopierschutz
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Nellie en Sion Thwala / Nellie en Sion Bd.1".
Kommentar verfassen