Pastoor (ePub)
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Hy weet wat dit is, hierdie stapel getikte velle papier in 'n laai weggesteek. Hy het 'n bladsy of tien gelees. Hier en daar. Genoeg. Dit is sy vrou se gesprek met die sielkundige, dit weet hy. Party van die goed herken hy. Maar. As hy sy oë toemaak, sien hy die siedende waters van 'n donker rivier. Sy vrou in die onverbiddelike werwelings van 'n duistere geweld. Nou weet hy daardie donkerte het 'n naam. Die naam is Pastoor. Pat Stamatélos vertel op 'n skreiend aangrypende wyse die ware verhaal van 'n vrou wat as jong kind in die hande van 'n pedofiel beland het, 'n vrou wie se siel die onuitwisbare vatmerke dra van 'n kerkleier se jeugberading en pastorale sorg. Pastoor is 'n doodsekure studie van 'n verwonde psige, en 'n onverskrokke oopvlekking van 'n kanker aan die hart van ons samelewing.
Haar debuutroman, Kroes (2005) is uitstekend ontvang. Twee jaar later word Die val van die dice (2007) gepubliseer met Die portier (2009) kort daarna. Sy volg dit op met Vier begrafnisse en 'n troue (2010) en Madeliefies van staal (2012).
Kroes is vir die verhoog verwerk en is in 2008 landswyd opgevoer met akteurs Kim Engelbrecht en Nico Panagio in die hoofrolle.
- Autor: Pat Stamatélos
- 2013, 1. Auflage, 240 Seiten, Afrikaans
- Verlag: Tafelberg
- ISBN-10: 0624063275
- ISBN-13: 9780624063278
- Erscheinungsdatum: 30.08.2013
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
- Dateiformat: ePub
- Größe: 1.28 MB
- Mit Kopierschutz
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Pastoor".
Kommentar verfassen