Ralph Haynes - Godfather van die Wes-Rand (ePub)
(Sprache: Afrikaans)
Bekendes soos Steve Hofmeyr het hom 'n vriend genoem. Vir die armes van Randfontein was hy 'n vrygewige Robin Hood wat groente en geld kom aflewer het. Vir sy vrou, Jacky, was hy agter toe deure die man wat minderwaardig gevoel het oor sy kunsbeen en omdat...
sofort als Download lieferbar
eBook (ePub)
11.30 €
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Produktdetails
Produktinformationen zu „Ralph Haynes - Godfather van die Wes-Rand (ePub)“
Bekendes soos Steve Hofmeyr het hom 'n vriend genoem. Vir die armes van Randfontein was hy 'n vrygewige Robin Hood wat groente en geld kom aflewer het. Vir sy vrou, Jacky, was hy agter toe deure die man wat minderwaardig gevoel het oor sy kunsbeen en omdat hy oorgewig was. Maar vir die meeste mense was hy die gevreesde Godfather van die Wes-Rand. Saam met sy ewe berugte vriende, Ferdi Barnard, Corrie Goosen en Dawie Lötter, het Ralph Haynes sy slagoffers behoorlik laat deurloop met die een verbysterende skelmstreek na die ander. Miljoene rande is uit mense geswendel met valse transaksies in goud, diamante, motors en selfs kookolie. Op 21 Januarie 2011 verdwyn Ralph Haynes egter spoorloos nadat hy saam met Frikkie Lutzkie in 'n helikopter geklim het. Vandag wonder almal steeds wat van hom geword het. Lê hy dood iewers in 'n mynskag, of het hy die hasepad gekies terwyl aanklagte van bedrog en diefstal teen hom opgehoop het? Die antwoord op hierdie vrae is nie voor die hand liggend nie. Radiojoernalis Izak du Plessis het onderhoude met die mense naaste aan Ralph Haynes gevoer in sy ondersoek na die lewe en verdwyning van dié enigmatiese en kleurryke figuur van die Suid-Afrikaanse onderwêreld. Boeiende leesstof wat jou opnuut sal laat besef dat die waarheid beslis vreemder as fiksie is.
Autoren-Porträt von Izak Du Plessis
Izak du Plessis is bekend as joernalis en aanbieder by RSG se nuusaktualiteitsprogramme, Monitor, Spektrum, Kommentaar en Naweekaktueel. Hy is ook die skrywer van Boereverneukers. As ondersoekende joernalis het hy al verskeie toekennings vir sy radiobydraes ingepalm.
Bibliographische Angaben
- Autor: Izak Du Plessis
- 2018, 1. Auflage, 192 Seiten, Afrikaans
- Verlag: Penguin Random House South Africa
- ISBN-10: 1776092740
- ISBN-13: 9781776092741
- Erscheinungsdatum: 01.06.2018
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
eBook Informationen
- Dateiformat: ePub
- Größe: 11 MB
- Mit Kopierschutz
Sprache:
Afrikaans
Kopierschutz
Dieses eBook können Sie uneingeschränkt auf allen Geräten der tolino Familie lesen. Zum Lesen auf sonstigen eReadern und am PC benötigen Sie eine Adobe ID.
Kommentar zu "Ralph Haynes - Godfather van die Wes-Rand"
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Ralph Haynes - Godfather van die Wes-Rand".
Kommentar verfassen