Stippellyn (ePub)
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Sy het gedink dit was verby; 'n hoofstuk van haar lewe wat afgesluit is, maar toe sien sy uit die hoek van haar oog die gestalte by die begrafnisdiens inloop, 'n lang, benerige man met 'n effens ongekoördineerde manier van beweeg. Lana raak oombliklik naar en lighoofdig van die skrik. Dit is asof sy in ¿ yskoue stilte inplons, tuimel deur die afsondering en bo-aardse stilte van water, en vir altyd net daar wil bly.
Lana sal mettertyd agterkom dat herlewing en die dood dikwels dieselfde skokeffek het, en dat dit dan bitter moeilik is om vas te stel wat die begin en wat die einde is.
Erika Murray-Theron stuur haar karakters met soveel intelligensie en subtiliteit op hul lewensweë dat Stippellyn die gewaarwording bring van 'n ontdekking van die lewe self.
Sy was op verskillende maniere by die gemeenskap betrokke - onder andere by die plaaslike hoërskool, die gemeenskapsbiblioteek, as redakteur van 'n gemeenteblad en by die skakeling tussen leeskringe in Pretoria, waar sy woon. Sy doen vertaalwerk, word van tyd tot tyd gevra om manuskripte te lees en tree ook soms as spreker op.
Sy skryf aanvanklik tydskrifverhale vir Sarie en later ook vir tydskrifte soos De Kat en Tydskrif vir Letterkunde. Haar eerste roman, Wie is jy Elizabeth?, verskyn in 1989 by Tafelberg. In 2002 ontvang haar roman Sê Maria die ATKV-prosaprys. In 2007 word die manuskrip van 'n Tapiserrie met klein diere as die wenner in Sanlam/Insig/Tafelberg se Groot Romanwedstryd aangewys.
- Autor: Erika Murray Theron
- 2014, 1. Auflage, 276 Seiten, Afrikaans
- Verlag: Tafelberg
- ISBN-10: 0624067785
- ISBN-13: 9780624067788
- Erscheinungsdatum: 30.04.2014
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
- Dateiformat: ePub
- Größe: 0.97 MB
- Mit Kopierschutz
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Stippellyn".
Kommentar verfassen