Tamatiestraat (ePub)
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Die veertienjarige Lelanie Louw se ma spring onverwags saam met haar nuwe man op 'n vliegtuig na Europa. Niemand het 'n idee wanneer om haar terug te verwag nie. Inteendeel, dit lyk al hoe meer vir die snipperige Lelanie of sy glad nie terugkom nie. Skielik moet sy en haar ouer broer Dewald by hul pa in sy woonstel intrek en teen wil en dank aanpas. Chambord-woonstelle in Pretoria huisves verskeie vreemde karakters, sommiges met verskuilde agendas - en soos enige kind weet, hou hoërskool al reeds genoeg uitdagings in.
Asof hulle lewens nie genoeg ontwrig is nie, raak dinge lelik sodra Gustav Buitendach vir Dewald vra om vir hom 'n pakkie by die woonstel af te gee.
As jy jonk is van gees sal jy die emosionele mallemeule saam met Lelanie geniet.
Hierdie avontuur saam met die onnutsige Lelanie Louw was 'n finalis in die Sanlam / Tafelberg Jeugromankompetisie gedurende 2009/2010.
Henning Janse van Vuuren het die manuskrip afgestof, opgekikker en die eindproduk belowe heerlike leesstof aan tieners ouer as dertien.
Ek doen my bes om verhale te skryf wat vermaak, boei en hopelik ook stof tot nadenke bied.
Kruitvat was my debuutroman en as skrywer kon ek ryklik put uit my ervaring as offisier in die Suid-Afrikaanse Polisie, joernalis by Laevelder en as toegelate prokureur. (Sedertien het ek my ook as opvoeder bekwaam.) Kruitvat is propvol eg Suid-Afrikaanse aksie, een of twee etiese kwessies word geopper en 'n gesonde skoot romantiek is boonop bygevoeg. Lees Marius Visser se resensie in Rapport hier: http://www.rapport.co.za/Boeke/Nuus/Sterk-kruit-vat-vlam-op-Kindle-20120823
Vir die jonger leser (of jonk van gees) bied ek TamatiestraaT. Hierdie avontuur saam met die onnutsige Lelanie Louw was 'n finalis in die Sanlam / Tafelberg Jeugromankompetisie gedurende 2009/2010. Desember (by die see ...), ook 'n jeugroman, sien einde 2016 die lig.
Jy kan Kruitvat, Friksie, Tamatiestraat of Desember (by die see ...) ook op jou Kindle vanaf Amazon aflaai.
Om meer van my doen en late uit te vind, besoek gerus my Facebook-blad: https://www.facebook.com/HenningJvanVuuren
Vriendelike groete
Henning
- Autor: Henning Janse van Vuuren
- Altersempfehlung: Ab 12 Jahre
- 2012, Afrikaans
- Verlag: Henning Janse van Vuuren
- ISBN-10: 0620554770
- ISBN-13: 9780620554770
- Erscheinungsdatum: 13.12.2012
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
- Dateiformat: ePub
- Größe: 0.15 MB
- Mit Kopierschutz
- Vorlesefunktion
eBooks und Audiobooks (Hörbuch-Downloads) mit der Familie teilen und gemeinsam genießen. Mehr Infos hier.
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Tamatiestraat".
Kommentar verfassen